Genesis 44:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Juda: Wat moet ons vir my heer sê? wat sal ons praat? of hoe sal ons onsself skoonmaak? God het die ongeregtigheid van U dienaars uitgevind; kyk, ons is die dienaars van my heer, ons sowel as hy by wie die beker gevind word.
Afrikaans (NLV) 2011 Juda sê toe: “Ai, Meneer, wat kan ons tog vir u sê? Hoe kan ons onsself verontskuldig? God het ons sonde aan die lig gebring. Meneer, ons het almal teruggekom om u slawe te wees, ons én ons broer in wie se sak die beker gekry is.”
Afrikaans 1933/1953 En Juda antwoord: Wat kan ons aan my heer sê? Wat kan ons spreek? En waarmee kan ons ons regverdig? God het die ongeregtigheid van u dienaars uitgevind. Kyk, ons is my heer se slawe, ons sowel as hy by wie die beker gevind is.
Afrikaans 1983 Juda het geantwoord: “Wat kan ons vir Meneer sê? Wat kan ons antwoord en hoe kan ons onsself verontskuldig? God het ons sonde aan die lig gebring. Hier is ons, ons is Meneer se slawe: ons almal, saam met hom by wie die beker gekry is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juda sê toe: “Wat kan ons vir my heer sê? Wat kan ons aanvoer? Hoe kan ons onsself regverdig? Dit is God wat die sondeskuld van u dienaars aan die lig gebring het. Kyk, ons is nou my heer se slawe, ons en ook die een by wie die beker gevind is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Juda het vir hom geantwoord: “Wat kan ons vir Meneer sê? Wat kan ons praat en hoe kan ons bewys dat ons onskuldig is? God het gewys dat ons skuldig is. Hier is ons nou, ons is Meneer se slawe, ons en ook die een by wie die beker was.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Juda het geantwoord: “Wat kan ons tog sê, Meneer? Ons is sprakeloos. Hoe kan ons ons onskuld bewys? God straf ons nou vir ’n misdaad van lank gelede. Hier is ons dan, Meneer. Ons sal almal hier bly en vir u werk, en nie net die een in wie se sak die beker gekry is nie.”