Genesis 44:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Josef vir hulle: Watter daad is dit wat julle gedoen het? Weet julle nie dat so 'n man as ek sekerlik kan waarsê nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wat het julle aangevang?” vra Josef. “Het julle nie geweet dat ’n persoon soos ek sou weet wie dit gesteel het nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Josef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat 'n man soos ek dit ongetwyfeld moet waarneem nie? |
| Afrikaans 1983 | Josef het vir hulle gesê: “Waarom het julle dit aangevang? Julle weet tog dat 'n man soos ek voorspellings moet doen!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef het vir hulle gesê: “Wat is dit wat julle nou gedoen het? Besef julle nie dat 'n man soos ek altyd die toekoms moet voorspel nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef vra toe vir hulle: “Wat het julle gedoen? Julle wéét dat 'n man soos ek vooruit moet kan sê wat later sal gebeur.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het vir hulle gesê: “Julle het ’n verskriklike ding gedoen. Ek het die beker nodig om in die toekoms in te kyk en toe loop steel julle dit.” |