Genesis 44:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle hul klere geskeur en elkeen sy esel gelaai en na die stad teruggekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hulle dit sien, skeur hulle hulle klere in radeloosheid. Hulle laai weer hulle donkies en draai terug na die stad toe.
Afrikaans 1933/1953 Toe skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug.
Afrikaans 1983 Toe skeur hulle hulle klere. Elkeen het weer sy donkie gelaai en hulle het omgedraai stad toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe skeur hulle hulle klere, laai elkeen sy donkie en keer terug na die stad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die broers het hulle klere geskeur omdat hulle hartseer en ontsteld was. Hulle het weer hulle goed op die donkies gelaai en teruggegaan na die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die broers het uit wanhoop en frustrasie hulle klere begin skeur. Toe het hulle die donkies gepak en is terug stad toe.