Genesis 44:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gesoek en by die oudste begin en by die jongste vertrek; en die beker is in die sak van Benjamin gevind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het by die oudste se sak begin soek en so voortgegaan tot by die jongste. En daar kry hy toe die beker in Benjamin se sak! |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind. |
| Afrikaans 1983 | Die hoofamptenaar het dit deurgesoek: hy het by die oudste s'n begin en by die jongste s'n laaste uitgekom en die beker in Benjamin se sak gekry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het dit deursoek; by die oudste het hy begin en by die jongste geëindig. Die beker is toe in Benjamin se sak gevind! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die bestuurder het in die sakke gesoek. Hy het by die oudste broer begin en by die jongste opgehou. Hy kry toe die beker in Benjamin se sak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef se huisheer het toe sak vir sak ondersoek, van die oudste broer se sak tot dié van die jongste. En die beker is in Benjamin se sak gekry. |