Genesis 44:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Laat dit ook nou wees volgens julle woorde: hy by wie dit gevind word, sal my dienaar wees; en julle sal onberispelik wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dis goed so,” antwoord die bestuurder, “behalwe dat net die een wat dit gesteel het my slaaf sal wees. Die onskuldiges mag maar vry gaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hy: Nou goed, laat dit wees soos julle gesê het. Di, een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar julle sal vry wees. |
| Afrikaans 1983 | Die hoofamptenaar het geantwoord: “Goed en reg! Dit sal wees soos julle sê, maar net die een by wie die beker gekry word, sal my slaaf word. Julle ander sal onskuldig wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het geantwoord: “Nou goed, soos julle sê, so sal dit wees: Die een by wie dit gevind word, sal my slaaf word; maar julle sal onskuldig wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die bestuurder sê toe: “Goed, ons sal maak soos julle sê. Maar net die een by wie ek die beker kry, sal my slaaf word, julle ander mag gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die huisheer het gesê: “Dit is nie nodig nie. Net die een wat die beker gesteel het, sal as slaaf moet agterbly. Die res van julle kan maar huis toe gaan.” |