Genesis 44:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die opsigter van sy huis bevel gegee en gesê: Maak die manne se sakke vol met voedsel, soveel as wat hulle kan dra, en gooi elkeen se geld in sy sak se mond. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die broers gereed was om te gaan, gee Josef bevel aan die bestuurder van sy huis: “Maak al die sakke vol met soveel graan moontlik en sit elke man se geld weer terug in sy sak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak; |
| Afrikaans 1983 | Toe beveel Josef sy hoofamptenaar: “Maak die graansakke van die manne vol met net soveel kos as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef het die hoof van sy huishouding beveel: “Vul die manne se sakke met kos, soveel as wat hulle kan dra. Sit elkeen se silwer terug bo in sy sak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het vir die bestuurder van sy huis gesê: “Maak die manne se sakke vol koring. Maak dit so vol soos hulle kan dra en sit elkeen se geld terug in sy sak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het Josef vir die hoof van sy huis opdrag gegee: “Stop die mans se sakke tot bo toe vol met kos en sit ook elkeen se geld in die sak terug. |