Genesis 43:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal vir hom borg staan; van my hand moet jy hom eis; as ek hom nie na jou toe bring en hom voor jou stel nie, laat my dan vir ewig die skuld dra.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal persoonlik instaan vir sy veiligheid. As ek hom nie terugbring nie, sal ek vir altyd skuldig wees teenoor Pa.
Afrikaans 1933/1953 Ek sal vir hom borg wees; van my hand kan u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u skuldig staan.
Afrikaans 1983 Ek waarborg hy sal terugkom. Pa kan hom van my eis. As ek hom nie vir Pa terugbring en hom hier voor Pa kom laat staan nie, sal ek vir altyd by Pa in die skuld wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal self vir hom borg staan; van my hand kan pa hom eis. As ek hom nie na pa terugbring en voor pa laat staan nie, sal ek altyd teenoor pa skuldig staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal seker maak dat hy veilig is. Ek belowe dat ek vir Benjamin sal oppas. As ek hom nie terugbring sodat hy hier voor Pa kom staan nie, dan sal ek altyd skuldig wees by Pa.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal volle verantwoordelikheid vir Benjamin neem en ek sal vir hom sorg. U kan my verantwoordelik vir hom hou. As ek hom nie veilig terugbring nie, is ek lewenslank aan sy dood skuldig.