Genesis 43:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Juda vir sy vader Israel: Stuur die seun saam met my, en ons sal opstaan en gaan; sodat ons kan lewe en nie sterwe nie, ons sowel as jy en ook ons kindertjies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Juda sê toe vir sy pa: “Stuur tog maar die seun saam met my dat ons kan vertrek sodat ons kan bly lewe en nie doodgaan nie. Dit raak almal van ons, ook Pa en ons klein kindertjies. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Juda aan sy vader Israel: Stuur die seun saam met my; dan sal ons klaarmaak en wegtrek, sodat ons kan lewe en nie sterwe nie -- ons en ook u en ons kinders nie. |
| Afrikaans 1983 | Juda het vir sy pa Israel gesê: “Stuur tog maar die kind saam met my sodat ons dadelik kan vertrek. Dan kan ons aan die lewe bly. So nie sterf Pa saam met ons en ons kinders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê Juda vir sy vader Israel: “Stuur die jong man saam met my. Ons wil gereedmaak en gaan, sodat ons kan leef en nie sterf nie, ons sowel as pa en ons kinders. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Juda het vir sy pa Jakob gesê: “Laat die seun saam met my gaan en laat ons gereedmaak en gaan, sodat ons en Pa en ons familie kan lewe en nie sterf van die honger nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juda het toe gesê: “Pa, gee nou die kind vir my en laat ons tog net gaan. Hoe langer ons wag, hoe erger word dit. As Pa nog wil hê dat ons en ons kinders moet bly leef, moet ons onmiddellik vertrek. |