Genesis 43:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het gesê: Die man het ons noukeurig na ons toestand en ons familie gevra en gesê: Leef julle vader nog? het jy nog 'n broer? en ons het hom volgens die strekking van hierdie woorde vertel: Kan ons sekerlik weet dat hy sou sê: Bring jou broer af?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle antwoord hom: “Die man het spesifiek uitgevra oor ons familie. Hy het gevra: ‘Leef julle pa nog? Het julle nog ’n broer?’ Hoe moes ons geweet het hy sou sê: ‘Bring julle broer hiernatoe’? Ons het maar net sy vrae beantwoord.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle antwoord: Die man het uitdruklik na ons en ons familie gevra met die woorde: Lewe julle vader nog? Het julle nog 'n broer? Toe het ons hom dit te kenne gegee volgens hierdie woorde. Kon ons dan ooit weet dat hy sou sê: Bring julle broer af?
Afrikaans 1983 Hulle het gesê: “Die man het ons uitgevra na ons familie. Hy het gevra: ‘Leef julle pa nog? Het julle nog 'n broer?’ Ons het net geantwoord op hierdie vrae van hom. Hoe moes ons weet hy sou sê: ‘Bring julle broer hiernatoe’?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het geantwoord: “Die man het uitdruklik oor ons en ons familie uitgevra: ‘Leef julle vader nog? Het julle nog 'n broer?’ Ons het aan hom net inligting verskaf wat betrekking het op hierdie sake. Hoe kon ons ooit weet dat hy sou sê, ‘Bring julle broer af hierheen’?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gesê: “Die man het ons uitgevra oor onsself en oor ons familie. Hy het gevra of ons pa nog lewe en of ons nog 'n broer het. Ons het hom net vertel wat hy gevra het. Ons het nie geweet hy sou sê ons moet ons broer saambring nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het geantwoord: “Omdat die man so knaend was, Pa. Hy het ons aanmekaar oor ons familie uitgevra. Hy wou weet of Pa nog leef en of ons nog ’n ander broer het. Daar was geen uitkomkans nie. Hoe moes ons nou geweet het dat hy sou sê dat ons ons broer na hom toe moet bring?”