Genesis 43:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Israel: Waarom het julle so sleg teen my gehandel dat julle vir die man vertel het of julle nog 'n broer gehad het?
Afrikaans (NLV) 2011 Baie ontsteld het Jakob geantwoord: “Hoekom het julle hierdie moeilikheid oor my gebring? Hoekom het julle die man vertel dat julle nog ’n ander broer het?”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Israel: Waarom het julle so verkeerd teen my gehandel deur die man te vertel dat julle nog 'n broer het?
Afrikaans 1983 Toe sê Israel: “Waarom het julle my hierdie onreg aangedoen en vir die man vertel julle het nog 'n broer!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel vra toe: “Waarom het julle my kwaad aangedoen deur vir die man te vertel dat julle nog 'n broer het?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe vra Jakob: “Hoekom het julle vir my hierdie probleme gemaak? Hoekom het julle vir die man vertel dat julle nog 'n broer het?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Waarom maak julle dit vir my so moeilik?” het Jakob gevra. “Waarom het julle hom van Benjamin staan en vertel?”