Genesis 43:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as jy hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie; want die man het vir ons gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as hy nie mag saamgaan nie, gaan ons nie, want die man het uitdruklik gesê: ‘Ek wil julle nie sien as julle broer nie saamkom nie.’”
Afrikaans 1933/1953 maar as u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie; want die man het aan ons gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.
Afrikaans 1983 Maar as Pa nie instem om hom saam te stuur nie, sal ons nie gaan nie, want daardie man het vir ons gesê ons kom nie weer by hom sonder ons broer nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as pa hom nie saamstuur nie, sal ons nie gaan nie. Want die man het vir ons gesê, ‘Julle sal my gesig nie sien tensy julle broer by julle is nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as Pa hom nie laat saamgaan nie, dan sal ons nie gaan nie, want die man het vir ons gesê ons mag nie terugkom as ons broer nie by ons is nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Solank Pa weier, kan ons dit nie in Egipte waag nie. Die man het ons oor en oor gewaarsku om nie sonder Benjamin by hom aan te kom nie.”