Genesis 43:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het vir hulle gevat en vir hulle gestuur van voor hom af; maar Benjamin se gemors was vyf maal soveel as hulle almal. En hulle het gedrink en was vrolik met hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle kos is vanaf Josef se tafel bedien. Die grootste porsie het hy aan Benjamin gegee. Dit was vyf keer groter as dié van die ander. Hulle het toe saam met Josef wyn gedrink en daarvan vrolik geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hierop het hy aan hulle porsies uitgedeel van die ete wat voor hom staan; maar die porsie van Benjamin was vyf maal groter as die porsies van hulle almal. En hulle het gedrink en saam met hom vrolik geword. |
| Afrikaans 1983 | Elkeen se kos is van Josef se tafel af aangegee, maar Benjamin s'n was vyf keer meer as dié van die ander. Hulle het wyn gedrink en saam met Josef dronk geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Porsies is aan hulle bedien van wat aan Josef voorgesit was. Benjamin se porsie was vyf maal groter as almal se porsies. Hulle het gedrink en saam met hom dronk geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het vir die broers kos van sy tafel aangegee, maar Benjamin se kos was vyf maal meer as die ander broers se kos. Hulle het saam met Josef wyn gedrink en dronk geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal is met kos van die koning se tafel bedien. Benjamin se porsie was egter elke keer vyf keer groter as dié van die ander. Hulle het almal lekker saam met die koning geëet en gedrink. |