Genesis 43:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het voor hom gesit, die eersgeborene volgens sy eersgeboortereg en die jongste volgens sy jeug; en die manne was verwonderd oor mekaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Josef het vir sy broers hulle plekke aangewys. Tot hulle verbasing was dit in volgorde van hulle ouderdomme, van die oudste tot die jongste.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het gaan sit volgens sy bepaling, die eersgeborene na sy eersgeboorte en die jongste na sy jonkheid. Toe kyk die manne mekaar verbaas aan.
Afrikaans 1983 Die broers het teenoor Josef gesit, volgens hulle ouderdom: van die oudste af tot die jongste. Hieroor het die manne mekaar verbaas aangekyk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle voor hom gaan sit, was die eersgeborene op die eersgeborene se plek, en die jongste op die jongste se plek. Die manne het mekaar verbaas aangekyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die broers het voor Josef gesit, elkeen op sy eie plek. Die slawe het die broers langs mekaar laat sit, van die oudste tot die jongste. Die broers het na mekaar gekyk en hulle was verbaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal het teenoor Josef gesit, maar hulle is volgens ouderdom ingedeel, van die oudste tot die jongste. Die broers was baie verbaas hieroor. Hoe sou Josef tog hulle ouderdomme geken het?