Genesis 43:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het vir hom afsonderlik aangetrek en vir hulle alleen en vir die Egiptenaars wat saam met hom geëet het, alleen, omdat die Egiptenaars nie saam met die Hebreërs brood kon eet nie; want dit is vir die Egiptenaars 'n gruwel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josef het eenkant gesit, sy broers by ’n ander tafel en die ander Egiptenaars ook apart. Egiptenaars het nie saam met Hebreërs geëet nie. Dit was vir hulle ’n skande. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe bring hulle dit vir hom besonders op en vir hulle besonders en vir die Egiptenaars wat by hom eet, besonders; want die Egiptenaars mag nie saam met die Hebreërs eet nie, omdat dit vir die Egiptenaars 'n gruwel is. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het vir Josef afsonderlik bedien en so ook die broers en die Egiptenaars wat daar by hulle geëet het, want die Egiptenaars het 'n afsku daarvan om dieselfde kos as die Hebreërs te eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het hom, sy broers, en die Egiptenare wat by hom eet, almal afsonderlik bedien. Die Egiptenare kon immers nie saam met die Hebreërs eet nie, want dit is vir Egiptenare afstootlik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef se slawe het sy kos altyd apart bedien by sy eie tafel. Josef se broers het ook by hulle eie tafel gesit. Die Egiptenaars wat by Josef geëet het, het hulle kos ook apart gekry, want die Egiptenaars eet nie saam met Hebreërs nie. Hulle sal dit nooit doen nie, want hulle dink dit is baie verkeerd. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elkeen se kos is afsonderlik uitgedeel. Eers is Josef bedien, toe die broers en toe die Egiptenaars wat saam met hulle geëet het. Egiptenaars het nooit saam met Hebreërs geëet nie, want vir hulle was dit ’n skande. |