Genesis 43:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het sy gesig gewas en uitgegaan en hom weerhou en gesê: Sit brood op. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat hy sy gesig gewas het, het hy teruggekom. Met sy emosies nou onder beheer, het hy beveel: “Bring die kos!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het hy sy gesig gewas en uitgekom en hom bedwing en gesê: Bring die ete op! |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hy sy gesig gewas en teruggegaan. Hy was weer homself en hy het gesê: “Bedien die ete.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat hy sy gesig gewas het, het hy uitgekom. Hy het hom bedwing en gesê: “Bedien die kos!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het hy sy gesig gewas en teruggekom. Hy was kalm en hy het gesê: “Sit die kos op die tafel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het hy sy gesig gewas en na sy broers toe teruggestap. Hy was weer in volle beheer van homself en het beveel dat die kos bedien moet word. |