Genesis 43:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josef het gou gemaak; want sy ingewande het verlang na sy broer, en hy het gesoek waar om te ween; en hy het in sy kamer ingegaan en daar geween.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe kon hy sy trane oor Benjamin nie meer bedwing nie en het haastig die vertrek verlaat. Hy het na ’n aparte vertrek gegaan om daar te gaan huil.
Afrikaans 1933/1953 En Josef het gou gemaak, want sy binneste was ontroerd oor sy broer: hy het geleentheid gesoek om te ween en in die kamer gegaan en daar geween.
Afrikaans 1983 Toe het Josef haastig padgegee om eenkant te gaan huil, want sy gemoed was vol oor sy broer. Josef is na sy kamer toe en hy het daar gaan huil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef is haastig uit, want hy was diep ontroer oor sy broer, en was op die punt om te huil. Hy gaan toe sy slaapkamer binne en huil daar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe gaan Josef vinnig uit die kamer, want hy wou huil omdat sy broer gekom het. Hy het in 'n ander kamer gaan huil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het Josef vinnig uitgestap, want hy wou huil. Hy het hartseer begin word toe hy sy broer weer sien. Hy het in sy slaapkamer gaan sit en huil.