Genesis 43:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Juda het met hom gespreek en gesê: Die man het plegtig teen ons geprotesteer en gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Juda sê: “Pa, die man het ons ernstig gewaarsku: ‘Ek wil julle nie weer sien as julle broer nie saamkom nie.’
Afrikaans 1933/1953 Toe het Juda hom geantwoord: Die man het ons uitdruklik gewaarsku en gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.
Afrikaans 1983 Juda het hom geantwoord: “Daardie man het ons nadruklik gewaarsku en vir ons gesê: ‘Julle kom nie weer hier by my sonder julle broer nie!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Juda het vir hom gesê: “Die man het ons uitdruklik gewaarsku, ‘Julle sal my gesig nie sien tensy julle broer by julle is nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Juda sê toe vir hom: “Die man het baie duidelik vir ons gewaarsku en gesê: ‘Julle mag nie weer hier kom as julle broer nie saam met julle kom nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Juda het egter gesê: “Ons kan nie, Pa. Die man het uitdruklik gesê ons kom nie sonder Benjamin daar aan nie.