Genesis 43:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe slaan hy sy oë op en sien sy broer Benjamin, sy moeder se seun, en sê: Is dit julle jonger broer van wie julle met my gepraat het? En hy sê: God wees jou genadig, my seun!
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy opkyk, sien hy sy bloedbroer Benjamin raak. Hy vra toe: “Is dit julle jongste broer, die een van wie julle gepraat het? Mag God jou seën, my seun.”
Afrikaans 1933/1953 Toe slaan hy sy oë op en sien sy broer Benjamin, die seun van sy moeder, en sê: Is dit julle jongste broer van wie julle met my gespreek het? Daarop sê hy: Mag God jou genadig wees, my seun!
Afrikaans 1983 Toe Josef sy broer, sy ma se seun Benjamin, raaksien, vra hy: “Is dit julle jongste broer van wie julle my vertel het?” En Josef sê vir hom: “My seun, God sal jou genadig wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy opkyk, sien hy sy broer Benjamin raak, die seun van sy moeder, en hy vra: “Is dit julle jongste broer van wie julle my vertel het?” Daarop sê hy: “Mag God jou genadig wees, my seun!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Josef opkyk, sien hy sy broer Benjamin. Hy en Benjamin het dieselfde ma gehad. Toe vra hy: “Is dit julle jongste broer van wie julle my vertel het?” Josef het vir Benjamin gesê: “Ek bid dat God goed sal wees vir jou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef het na Benjamin, sy ma se jongste kind, gekyk en gevra: “Is dit nou julle jongste broer? Die een van wie julle my vertel het?” Hy het vir Benjamin gesê: “Mag God naby jou wees, seun.”