Genesis 43:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle antwoord: U dienaar, ons vader, is gesond, hy leef nog. En hulle het hul hoofde neergebuig en hul neergebuig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ja,” antwoord hulle. “U dienaar, ons pa, leef nog en dit gaan goed met hom.” Hulle buig toe weer voor hom.
Afrikaans 1933/1953 En hulle antwoord: Dit gaan goed met u dienaar, ons vader; hy lewe nog. En hulle het hul eerbiedig neergebuig.
Afrikaans 1983 Hulle het geantwoord: “Dit gaan goed met u onderdaan, ons pa. Hy leef nog.” Hulle het weer voor Josef gebuig en hom so geëer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle antwoord was: “Dit gaan goed met u dienaar, ons vader. Hy leef nog.” Toe kniel hulle en buig diep neer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het geantwoord: “Dit gaan goed met ons pa. Hy lewe nog.” Hulle het gekniel en voor hom gebuig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het gesê: “Dit gaan goed met u kneg, ons pa. Hy leef nog en hy is baie gesond.” Die broers het gekniel en voor Josef gebuig.