Genesis 43:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hulle na hulle welstand gevra en gesê: Gaan dit goed met julle vader, die ou man van wie julle gepraat het? Lewe hy nog?
Afrikaans (NLV) 2011 Hy vra hoe dit met hulle gaan en voeg by: “En hoe gaan dit met julle pa, die ou man van wie julle gepraat het? Lewe hy nog?”
Afrikaans 1933/1953 En hy het hulle na hul welstand gevra en gesê: Gaan dit goed met julle ou vader van wie julle gespreek het? Leef hy nog?
Afrikaans 1983 Josef het hulle toe gevra hoe dit gaan. Hy het gevra: “Hoe gaan dit met julle pa wat so oud is en van wie julle my vertel het? Leef hy nog?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy vra hulle toe hoe dit gaan, en sê daarna: “Hoe gaan dit met julle ou vader van wie julle gepraat het? Leef hy nog?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het vir hulle gevra hoe dit gaan. Hy het ook gevra: “Gaan dit goed met julle pa wat so oud is? Julle het my van hom vertel toe julle die eerste maal hier was. Lewe hy nog?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef het gehoor hoe dit gaan en toe gevra: “En hoe gaan dit met julle pa, die ou man van wie julle my die vorige keer vertel het? Leef hy nog?”