Genesis 43:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ander geld het ons in ons hande gebring om voedsel te koop; ons kan nie weet wie ons geld in ons sakke gesit het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het ook nog ander geld gebring om weer graan te koop. Maar ons het geen idee hoe die geld in ons sakke beland het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ons het ook ander geld saam met ons afgebring om voedsel te koop. Ons weet nie wie ons geld in ons sakke gesteek het nie. |
| Afrikaans 1983 | en ook nog geld om weer kos te koop. Ons weet nie wie die geld in ons sakke teruggesit het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons het ook ander silwer saam afgebring om kos mee te koop. Ons weet nie wie het ons silwer in ons sakke gesit nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het ook ander geld saamgebring om kos te koop. Ons weet nie wie ons geld teruggesit het in ons sakke nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Natuurlik het ons ook ander geld saamgebring waarmee ons kos wil koop. Meneer, ons weet regtig nie wie die geld in ons sakke gesit het nie.” |