Genesis 43:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe ons by die herberg kom, het ons ons sakke oopgemaak, en kyk, elkeen se geld was in die bek van sy sak, ons geld in volle gewig; en ons het dit in ons hand teruggebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het ons op pad huis toe vir die nag uitgespan. Toe ons ons sakke oopmaak, kry ons daar die presiese bedrag geld wat ons vir die graan betaal het. Hier is dit. Ons het dit teruggebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar toe ons in die herberg kom en ons sakke oopmaak, was elkeen se geld bo in sy sak -- ons geld volgens sy gewig -- en ons het dit saam met ons teruggebring. |
| Afrikaans 1983 | En toe ons hier weg is en die aand ons graansakke oopmaak, lê elkeen se geld bo in sy sak. Dit was presies die regte bedrag. Maar ons het dit nou weer saamgebring, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar toe ons by die oornagplek aankom en ons sakke oopmaak, kyk, daar is elkeen se silwer bo in sy sak – ons silwer, die volle gewig daarvan! Ons het dit saam teruggebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe ons by die plek kom waar ons wou slaap, het ons ons sakke oopgemaak, en toe sien ons elkeen se geld is bo in sy sak. Die geld was dieselfde soos wat ons betaal het. Nou het ons die geld teruggebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op pad terug het ons by die nagkamp ons graansakke oopgemaak en tot ons groot verbasing gesien dat elkeen se geld bo-op lê. Die presiese bedrag wat elkeen bestee het. Ons het vandag gekom om hierdie geld vir u terug te gee. |