Genesis 43:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet het, sê hulle vader vir hulle: Gaan terug, koop vir ons 'n bietjie kos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die graan wat hulle van Egipte af gebring het, begin opraak, het Jakob vir sy seuns gesê: “Gaan terug en koop weer vir ons ’n bietjie kos.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer 'n bietjie voedsel. |
| Afrikaans 1983 | en toe die kos begin opraak wat die broers uit Egipte gebring het, sê hulle pa vir hulle: “Julle moet maar weer vir ons 'n bietjie kos gaan koop.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die graan wat hulle uit Egipte gebring het, heeltemal opgeëet was, het hulle vader vir hulle gesê: “Gaan koop weer vir ons 'n bietjie kos.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koring wat Jakob se seuns in Egipte gaan koop het, het ook alles opgeraak. Hulle pa het vir hulle gesê: “Julle moet teruggaan en julle moet kos vir ons gaan koop.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die kosvoorraad amper op was, het Jakob gesê: “Gaan terug Egipte toe en kyk of daar nog kos is vir ons.” |