Genesis 43:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne was bang, want hulle is in die huis van Josef gebring; en hulle sê: Weens die geld wat die eerste keer in ons sakke teruggegee is, is ons ingebring; dat hy aanleiding teen ons kan soek en op ons val en ons as slawe en ons esels neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle sien waarheen hulle geneem word, het hulle baie bang geword. “Dis oor die geld wat die vorige keer in ons sakke teruggesit is,” sê hulle. “Hy wil ons oorweldig, ons sy slawe maak en ons donkies vat.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die manne het gevrees, omdat hulle in die huis van Josef gebring is, en gesê: Ter wille van die geld wat die vorige keer in ons sakke teruggekom het, word ons ingebring om ons te oorrompel, ons te oorval en ons as slawe te neem, saam met ons esels. |
| Afrikaans 1983 | en hulle het bang geword omdat hulle na Josef se huis toe gebring is. Toe sê hulle: “Dit is oor die geld wat die vorige keer in ons graansakke teruggesit is. Ons word hierheen gebring om ons te oorval en te oorrompel en van ons slawe te maak en ons donkies te vat.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne was bang toe hulle na Josef se huis geneem word en het gesê: “Dit is oor die silwer wat die vorige keer in ons sakke teruggesit is dat ons hierheen gebring word. Dit is om ons te oorrompel en ons te oorval, om ons as slawe toe te eien, en ook ons donkies.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die broers het bang geword toe hy hulle na Josef se huis neem. Hulle het gesê: “Dit is oor die geld wat die eerste maal in ons sakke was. Hulle bring ons hiernatoe om ons te vang en in die tronk toe te sluit. Ons sal hulle slawe word en hulle sal ons donkies vat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die broers was baie agterdogtig en het vir mekaar gesê: “Dis seker oor die geld wat in ons graansakke was dat hulle ons uitgenooi het. Hulle wil ons natuurlik terugkry; daarom het hulle ons in hierdie hinderlaag gelei. Hulle sal ons oorval, slawe van ons maak en al ons diere vat.” |