Genesis 43:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Josef Benjamin by hulle sien, sê hy aan die owerste van sy huis: Bring hierdie manne huis toe en maak dood en maak gereed; want hierdie manne sal die middag saam met my eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Josef sien dat Benjamin by hulle is, sê hy vir die bestuurder van sy huishouding: “Vat die manne na my huis toe en berei ’n feesmaal voor sodat hulle middagete by my kan geniet.”
Afrikaans 1933/1953 Toe Josef Benjamin by hulle sien, sê hy aan die opsigter oor sy huis: Bring die manne in die huis en slag slagvee en maak dit gereed, want die manne moet vanmiddag by my eet.
Afrikaans 1983 en toe hy sien Benjamin is by hulle, sê hy vir sy hoofamptenaar: “Vat die manne na my huis toe. Laat slag en laat 'n ete voorberei, want hulle moet vanmiddag by my eet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Josef vir Benjamin by hulle sien, sê hy vir die hoof van sy huishouding: “Neem die manne na die huis, slag 'n dier en berei dit voor, want hulle gaan vanmiddag saam met my eet.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Josef vir Benjamin by hulle sien, het hy vir die bestuurder van sy huis gesê: “Bring die manne na my huis. Slag 'n bees en maak kos gaar, want hulle sal vanmiddag saam met my eet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Josef hulle saam met Benjamin sien, het hy vir die hoof van sy huis gesê: “Laat die mense inkom en in die huis bly. Slag dan ’n dier en maak vir ons lekker kos, want ons eet vanmiddag saam.”