Genesis 43:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne het daardie geskenk geneem, en hulle het dubbele geld in hulle hand geneem, en Benjamin; en hy het opgestaan en na Egipte afgetrek en voor Josef gaan staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mans vat toe die geskenke, dubbel die hoeveelheid geld én vir Benjamin en gaan Egipte toe en meld hulle by Josef aan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop neem die manne die geskenk, en hulle neem dubbel soveel geld saam met hulle en ook Benjamin, en hulle het klaargemaak en na Egipte afgetrek en voor Josef gaan staan. |
| Afrikaans 1983 | Die manne het toe die geskenk gevat en hulle het die geld wat hulle saamgevat het, verdubbel. Hulle het vir Benjamin gevat en klaargemaak en Egipte toe gegaan. Hulle het by Josef gekom, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne het toe die geskenk geneem. Hulle het twee maal soveel silwer met hulle saamgeneem, en ook vir Benjamin. Hulle het gereedgemaak, afgegaan na Egipte en by Josef aangemeld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die broers het toe die presente geneem en ook twee maal meer geld as die eerste maal. Hulle het vir Benjamin saamgeneem. Hulle het na Egipte gegaan en voor Josef gaan staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mans het die geskenk, dubbel soveel geld en vir Benjamin geneem en hulle is reguit na Josef toe in Egipte. |