Genesis 43:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En God, die Almagtige, gee jou barmhartigheid voor die man, dat hy jou ander broer en Benjamin kan wegstuur. As ek van my kinders beroof is, is ek beroof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag God Almagtig julle genadig wees wanneer julle by die man aankom en mag hy Simeon vrylaat en Benjamin terugstuur. As ek dan van kinders beroof moet word, moet ek maar beroof word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En mag God, die Almagtige, julle barmhartigheid verleen by die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan laat trek! En ek -- as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof. |
| Afrikaans 1983 | God die Almagtige sal sorg dat die man julle goedgesind is en julle ander broer terugstuur en ook vir Benjamin. En ek, as ek dan my kinders moet verloor, moet ek hulle maar verloor.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag God, die Almagtige, gee dat julle barmhartigheid ervaar voor die man, en dat hy vir julle julle ander broer en Benjamin vrylaat. En ek – as ek kinderloos word, word ek kinderloos.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek bid dat God die Almagtige sal help dat die man vriendelik met julle sal wees. Ek bid dat hy julle broer Simeon en ook vir Benjamin sal laat terugkom saam met julle. Ek is bang ek verloor al my seuns.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag die groot en almagtige God so vir julle sorg dat die man in Egipte net deernis vir julle sal hê. En mag hy julle broer Simeon vrylaat en hom saam met Benjamin terugstuur. Moenie julle oor my bekommer nie, want as ek moet swaarkry, moet ek swaarkry.” |