Genesis 43:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En neem dubbel geld in jou hand; en die geld wat in die mond van julle sakke teruggebring is, dra dit weer in julle hand; miskien was dit 'n oorsig: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Neem dubbel die hoeveelheid geld, asook die geld wat in julle sakke gekry is. Dalk het iemand ’n fout gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | en neem dubbel soveel geld met julle saam en bring die geld wat weer bo in julle sakke gesit is, met julle saam terug. Miskien was dit 'n vergissing. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet die geld verdubbel wat julle saamvat. En die geld wat julle bo in die graansakke teruggebring het, moet julle ook saamvat. Dalk was daar 'n misverstand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Neem ook twee maal soveel silwer met julle saam, en die silwer wat bo in julle sakke teruggegee is, moet julle saam terugneem. Miskien was dit 'n misverstand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Neem twee maal soveel geld saam, neem ook die geld terug wat bo in julle sakke was. Miskien was dit 'n fout. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vat ook genoeg geld saam. Al die geld wat bo in julle graansakke was, moet julle teruggee. Dit was ’n fout. |