Genesis 43:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hulle vader Israel vir hulle: As dit nou so moet wees, doen dit; Neem van die beste vrugte van die land in julle voorwerpe, en bring vir die mens 'n geskenk af, 'n bietjie balsem en 'n bietjie heuning, speserye en mirre, neute en amandels.
Afrikaans (NLV) 2011 Uiteindelik het Jakob toegegee: “As dit nie anders kan nie, gaan dan maar. Julle moet julle sakke vol maak met die beste wat ons land het en neem vir die man ’n geskenk: ’n bietjie balsem, ’n bietjie heuning, gom, hars, neute en amandels.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Israel, hulle vader, vir hulle gesê: As dit so is, doen dan dit: neem van die opbrings van die land in julle sakke en bring vir die man 'n geskenk af -- bietjie balsem en bietjie heuning, speserye en gom, neute en amandels;
Afrikaans 1983 Toe sê hulle pa Israel vir hulle: “Nou ja, as dit dan so is, moet julle dit maar doen. Vat van die beste wat ons land het saam in julle graansakke as 'n geskenk vir die man: 'n bietjie balsem, 'n bietjie heuning, gom, hars, neute en amandels.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê hulle vader Israel vir hulle: “As dit so is, maak dan só: Neem van die keurprodukte van die land in julle kruike saam, en neem dit af daarheen as 'n geskenk vir die man: 'n bietjie balsem en 'n bietjie heuning, gom en hars, pistasieneute en amandels.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle pa Jakob sê toe vir hulle: “As dit dan so moet wees, dan moet julle dit doen. Neem presente, die beste van ons land, in julle sakke saam en gee dit vir die man. Gee vir hom 'n bietjie balsem, 'n bietjie heuning, 'n bietjie gom, 'n bietjie hars, 'n bietjie neute en amandels.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Uiteindelik het Jakob gesê: “Goed, dan moet julle hom maar saamvat. Maar vat ook vir die man in Egipte van ons beste produkte saam. Sit ’n bietjie balsem, ’n bietjie heuning, gom, hars, neute en amandels in julle graansakke. En gee dit vir die man as ’n geskenk.