Genesis 42:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josef het aan die drome gedink wat hy van hulle gedroom het, en vir hulle gesê: Julle is spioene; om die naaktheid van die land te sien, het julle gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het hom dadelik laat dink aan die drome van jare gelede. Hy sê vir hulle: “Julle is spioene! Julle het kom kyk waar ons land kwesbaar is.”
Afrikaans 1933/1953 Toe dink Josef aan die drome wat hy aangaande hulle gedroom het; en hy sê vir hulle: Julle is spioene, julle het gekom om te kyk waar die land oop is.
Afrikaans 1983 Hy het aan sy drome van vroeër gedink en vir hulle gesê: “Julle is spioene. Julle het net kom kyk waar die land maklik ingeval kan word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef onthou toe die drome wat hy oor hulle gedroom het, en sê vir hulle: “Julle is spioene! Dit is net om die kwesbaarste deel van die land te sien dat julle gekom het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef dink toe aan die droom wat hy oor hulle gehad het en hy sê vir hulle: “Julle is spioene. Julle het gekom om te kyk waar julle die land kan aanval.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) die drome wat hy lank gelede oor hom en sy broers gehad het. En hy het weer met hulle gepraat: “Julle is net spioene wat kom kyk het waar julle die land kan binneval.”