Genesis 42:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josef was die goewerneur oor die land, en hy was dit wat aan al die mense van die land verkoop het; en Josef se broers het gekom en hulle voor hom neergebuig met hulle aangesig na die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josef was in beheer van die hele Egipte. Hy het ook die graanverkope behartig. Daarom het sy broers na hom toe gegaan. Hulle het diep voor hom gebuig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Josef was die maghebber oor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die aarde gebuig. |
| Afrikaans 1983 | Josef was in beheer van Egipte en hy het self die graan aan die mense verkoop. Sy broers het dus na hom toe gegaan en diep voor hom gebuig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef was die heerser oor die land. Hy was die een wat aan al die mense van die land graan verkoop het. Josef se broers het daar aangekom, en hulle het diep voor hom neergebuig, met hulle gesigte na die grond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef was die hoof van die land en hy het die koring aan die mense verkoop. Josef se broers het gekom en hulle het voor hom gebuig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het die land regeer en almal se porsies vir hulle afgemeet. Toe sy broers by hom kom, het hulle laag voor hom gebuig. |