Genesis 42:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het gekom om koring te koop onder die wat gekom het, want die hongersnood was in die land Kanaän. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob se seuns het saam met ander mense in Egipte aangekom om kos te koop omdat die hongersnood ook Kanaän getref het. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het die seuns van Israel dan gekom om koring te koop onder diegene wat daar aangekom het; want daar was hongersnood in die land Kanaän. |
| Afrikaans 1983 | Die seuns van Israel het saam met ander mense gegaan wat ook koring in Egipte wou gaan koop omdat daar hongersnood was in die hele Kanaän. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So het Israel se seuns dan in Egipte aangekom om graan te koop, saam met ander wat ook gekom het, want daar was hongersnood in die land Kanaän. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So het Israel se seuns saam met ander mense van Kanaän gegaan om koring in Egipte te koop, omdat daar min kos in Kanaän was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob se seuns is toe daar weg. Soos baie ander mense is hulle Egipte toe om kos te gaan koop. Hulle kon nie anders nie, want die hongersnood in Kanaän het by die dag erger geword. |