Genesis 42:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Benjamin, Josef se broer, het Jakob nie saam met sy broers gestuur nie; want hy het gesê: Dat onheil hom nie dalk oorkom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het geweier dat Josef se jonger broer, Benjamin, saamgaan omdat hy bang was hy kom iets oor. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Benjamin, die broer van Josef, het Jakob nie saam met sy broers gestuur nie; want hy het gedink: Altemit kan 'n ongeluk hom oorkom. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het nie Josef se broer Benjamin saamgestuur nie, “want,” het hy gesê, “netnou gebeur daar iets met hom!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar vir Benjamin, Josef se eie broer, het Jakob nie saam met sy broers gestuur nie, want, het hy gedink, netnou tref 'n noodlottige ramp hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het nie vir Benjamin saam met sy broers laat gaan nie. Hy was bang daar gebeur miskien iets met Benjamin. Benjamin en Josef was seuns van dieselfde ma. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob wou nie hê dat Benjamin, Josef se jongste broer, saamgaan nie. Hy was bang daar gebeur iets met die kind soos destyds met Josef. |