Genesis 42:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hy: My seun mag nie saam met jou aftrek nie; want sy broer is dood, en hy het alleen oorgebly; as onheil hom tref op die pad waarop julle gaan, dan sal julle my grys hare met droefheid na die graf afbring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Jakob sê: “My seun sal beslis nie met julle saamgaan nie. Sy broer Josef is nou al dood en hy is al een wat oor is van sy ma se kinders. As hy op die pad iets oorkom, sal julle my in my ouderdom met smart in die graf laat gaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy sê: My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want sy broer is dood, en hy het alleen oorgebly; en as 'n ongeluk hom oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal julle my grys hare met kommer in die doderyk laat afdaal. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het net gesê: “Sy broer is dood. My seun gaan nie saam met julle nie. Hy is al wat vir my oor is. As iets hom op die pad moet oorkom, sal ek deur julle toedoen in my ouderdom van verdriet sterf.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hy antwoord: “My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want sy broer is dood, en net hy alleen het oorgebly. As 'n noodlottige ramp hom tref op die pad waarop julle gaan, sal julle my grys hare met verdriet in die •doderyk laat afgaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jakob het gesê: “My seun Benjamin sal nie saam met julle gaan nie, want sy broer is dood en hy het alleen oorgebly. As daar iets sleg met hom op die pad gebeur, dan sal ek, 'n ou man, van hartseer sterf, en dan sal dit julle skuld wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het egter geantwoord: “Nee, Benjamin gaan nie saam met jou nie. Sy broer is dood en hy het alleen agtergebly. As daar nou met hom iets op die pad moet gebeur, sal ek op my oudag in die allerbitterste hartseer sterf.” |