Genesis 42:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ruben het met sy vader gespreek en gesê: Maak my twee seuns dood as ek hom nie na jou toe bring nie; gee hom in my hand, en ek sal hom na jou terugbring.
Afrikaans (NLV) 2011 Ruben sê toe vir sy pa: “Pa kan al twee my seuns doodmaak as ek Benjamin nie na Pa toe terugbring nie. Laat hom in my hande en ek sal hom aan Pa terugbesorg.”
Afrikaans 1933/1953 Toe spreek Ruben sy vader aan en sê: U kan my twee seuns doodmaak as ek hom nie na u terugbring nie. Vertrou hom aan my toe, en,k sal hom na u terugbring.
Afrikaans 1983 Maar Ruben het vir sy pa gesê: “Pa kan albei my seuns om die lewe bring as ek nie vir Benjamin na Pa toe terugbring nie. Maak my verantwoordelik vir hom, en ek sal hom vir Pa terugbesorg.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ruben sê toe vir sy vader: “Pa kan maar my twee seuns doodmaak as ek hom nie na pa terugbring nie. Laat hom in my sorg; ek sal hom persoonlik na pa terugbring.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ruben sê toe vir sy pa: “Pa mag my twee seuns doodmaak as ek nie vir Benjamin na Pa toe terugbring nie. Pa moet my glo. Laat Benjamin saamgaan met my, en ek belowe dat ek hom vir Pa sal terugbring.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ruben het Jakob probeer gerusstel: “Pa kan my twee seuns vat en doodmaak as ek Benjamin nie veilig terugbring nie. Ek sal vir hom sorg en hom veilig na Pa toe terugbring.”