Genesis 42:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hulle vader Jakob vir hulle: Ek het julle van my kinders beroof; Josef is nie, en Símeon is nie, en julle sal Benjamin wegneem; al hierdie dinge is teen my.
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob het uitgeroep: “Julle beroof my van my kinders! Josef leef nie meer nie en Simeon is ook weg. Nou wil julle Benjamin ook wegneem. Alles is teen my!”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. Josef is weg! En S¡meon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my!
Afrikaans 1983 en het hy vir hulle gesê: “Julle maak my kinderloos. Josef leef nie meer nie, Simeon is nie meer hier nie, en nou wil julle nog vir Benjamin ook wegvat! En ek ly daaronder.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob, hulle vader, het vir hulle gesê: “Julle maak my kinderloos! Josef is nie meer daar nie, en Simeon is nie meer daar nie, en Benjamin wil julle neem. Alles is teen my!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle pa Jakob het vir hulle gesê: “Julle vat al my kinders! Josef is dood en Simeon is nie meer hier nie. Nou wil julle vir Benjamin ook vat. Julle maak dit baie swaar vir my.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het vir hulle gesê: “Ek gaan weer van ’n kind beroof word. Eers is Josef dood, nou is dit Simeon wat ek dalk nooit weer sal sien nie, en dan wil julle ook nog vir Benjamin van my af wegvat. Hoekom moet sulke dinge altyd met my gebeur?”