Genesis 42:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se bondel geld in sy sak; en toe hulle sowel as hul vader die bondels geld sien, het hulle bang geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die sakke oopgemaak en kyk! die geld wat elkeen vir die graan betaal het, lê bo in sy sak! Hulle en hulle pa was vreesbevange.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se bondeltjie geld daar in sy sak! En toe hulle hul bondeltjies geld sien, hulle en hul vader, was hulle bevrees.
Afrikaans 1983 Toe die seuns hulle graansakke leegmaak, kry elkeen sy beursie met geld in sy sak. Toe hulle dit sien, was hulle en hulle pa baie bang,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En toe, terwyl hulle besig is om hulle sakke leeg te maak, daar is elkeen se toegebinde silwer in sy sak! Toe hulle hulle toegebinde silwer sien, hulle en hulle vader, was hulle beangs.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob se seuns het hulle sakke leeggemaak, en elkeen kry toe sy beursie en sy geld in sy sak. Toe hulle dit sien, het hulle en hulle pa baie bang geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die broers hulle sakke met die koring wou leegmaak, sien elkeen sy geld bo-op lê. Die broers en hulle pa, Jakob, was verslae.