Genesis 42:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En bring julle jongste broer na my toe; dan sal ek weet dat julle geen spioene is nie, maar dat julle ware manne is; so sal Ek julle, julle broer, verlos, en julle sal handel dryf in die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar julle moet julle jongste broer saambring hier na my toe. Dan sal ek weet dat julle eerlik is en nie spioene nie. Ek sal dan julle broer uit die tronk vrylaat en julle mag vrylik rondbeweeg in die land.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | en bring julle jongste broer na my toe; dan sal ek weet dat julle geen spioene is nie. As julle eerlike mense is, sal ek julle broer aan julle teruggee, en julle mag in die land rondtrek. |
| Afrikaans 1983 | Bring dan julle jongste broer na my toe. Dan sal ek weet julle is nie spioene nie maar eerlike mense. Dan sal ek julle broer teruggee en mag julle vry rondbeweeg in die land.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bring julle jongste broer na my toe, sodat ek kan weet dat julle nie spioene is nie, maar dat julle eerlike mense is. Julle broer sal ek dan vir julle gee, en dan mag julle deur die land trek.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle moet julle jongste broer na my toe bring sodat ek kan weet julle is nie spioene nie, julle is eerlike mense. Dan sal ek julle broer teruggee, en dan mag julle oral in die land rondgaan.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En toe het die man gesê: ‘Eers as julle saam met julle jongste broer na my toe terugkom, sal ek glo dat julle eerlike mense is en nie spioene nie. Dan sal ek Simeon vir julle teruggee en julle kan oral in die land rondgaan.’” |