Genesis 42:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die man, die heer van die land, het vir ons gesê: Hieraan sal ek weet dat julle ware manne is; Laat een van julle broers hier by my agter en neem voedsel vir die hongersnood van julle huisgesinne, en gaan weg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop sê die belangrike man vir ons: ‘Om te kan vasstel of julle eerlik is, moet een van julle hier by my agterbly. Neem nou die graan vir julle honger gesinne en gaan huis toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die man, die heer van die land, aan ons gesê: Hieraan sal ek weet dat julle eerlike mense is -- laat een van julle broers by my bly; en neem vir die honger van julle huisgesinne en trek weg, |
| Afrikaans 1983 | Maar die man in bevel van daardie land het vir ons gesê: Hieraan sal ek weet of julle eerlike mense is: een van julle moet hier by my bly. Julle ander moet die kos vir julle honger mense gaan wegbring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man, die heer van die land, het egter vir ons gesê, ‘Hieraan sal ek weet dat julle eerlike mense is: Laat bly een van julle broers by my. En vir die honger by julle huise – neem graan en gaan! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoof van die land het toe vir ons gesê: ‘Ek sal uitvind of julle eerlike mense is. Julle moet een van julle broers by my laat bly. Neem dan kos vir julle honger mense by die huis en gaan terug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man het net aangehou dat hy ons eers sal glo as Simeon agterbly terwyl die res van ons kos vir ons families vat. |