Genesis 42:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe een van hulle sy sak oopmaak om sy esel voer in die herberg te gee, het hy sy geld bekyk; want kyk, dit was in sy sak se mond.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe een van hulle sy sak oopmaak om kos vir sy donkies uit te haal, kry hy sy geld bo in die sak.
Afrikaans 1933/1953 En toe die een sy sak oopmaak om sy esel in die herberg voer te gee, sien hy sy geld; en kyk, dit was somaar bo in sy sak!
Afrikaans 1983 Die aand toe een van die broers sy sak oopmaak om sy donkie te voer, sien hy die geld bo in die sak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een het sy sak oopgemaak om vir sy donkie voer te gee by die oornagplek. Hy sien toe sy silwer – en kyk, dit was bo in sy sak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het by 'n plek gekom waar hulle daardie aand wou slaap, en een van die broers het sy sak oopgemaak om vir sy donkie kos te gee. Toe sien hy sy geld. Dit was bo in die sak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Teen die aand se kant toe hulle kamp opslaan, wou een broer voer vir sy esel gee. Toe hy sy sak oopmaak, sien hy sy geld bo in die sak.