Genesis 42:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Josef bevel gegee om hulle sakke vol koring te maak en elkeen se geld in sy sak terug te gee en vir hulle padkos te gee; en so het hy met hulle gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josef het opdrag gegee dat die broers se sakke vol graan gemaak word en dat die geld wat hulle betaal het bo-op in die sakke teruggesit word. Hy het ook vir hulle padkos vir die pad gegee. Dit is presies net so gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gee Josef bevel om hulle sakke vol koring te maak en elkeen se geld weer in sy sak te sit en om aan hulle padkos vir die reis saam te gee. En so is aan hulle gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Josef het opdrag gegee dat die broers se sakke vol koring gemaak moet word en dat elkeen se geld in die sakke teruggesit moet word. Daar moes ook padkos vir hulle gegee word. Alles is so gedoen vir hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef het toe opdrag gegee dat hulle houers vol graan gemaak moet word, dat elkeen se silwer in sy sak teruggeplaas, en dat daar vir hulle padkos vir die reis gegee moet word. Hy het dit so vir hulle gedoen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het vir sy slawe gesê om sy broers se sakke vol koring te maak, en om hulle geld terug te sit in hulle sakke. Josef het ook gesê sy slawe moet vir sy broers padkos gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het sy mense aangesê om sy broers se houers tot bo toe vol te maak met graan, elkeen se geld in sy sak terug te sit en ook vir elkeen padkos saam te gee. Alles is presies so gedoen. |