Genesis 42:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het nie geweet dat Josef hulle verstaan nie; want hy het met hulle gespreek deur 'n tolk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het natuurlik nie geweet Josef verstaan alles wat hulle gesê het nie, want hy het deur ’n tolk met hulle gepraat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het nie geweet dat Josef dit verstaan nie, want daar was 'n tolk tussen hulle. |
| Afrikaans 1983 | Omdat Josef deur 'n tolk met hulle gepraat het, het hulle nie besef dat hy verstaan wat hulle sê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het self nie besef dat Josef verstaan nie, want daar is tussen hulle getolk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het nie besef dat Josef alles verstaan wat hulle vir mekaar sê nie, want wanneer hulle met Josef gepraat het, dan het iemand vir hulle en Josef getolk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat die broers nie geweet het nie, was dat Josef alles verstaan het, want daar was ’n tolk tussen hom en hulle. |