Genesis 42:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ruben het hulle geantwoord en gesê: Ek het nie met julle gespreek en gesê: Moenie teen die kind sondig nie; en julle wou nie hoor nie? daarom, kyk, ook sy bloed word geëis.
Afrikaans (NLV) 2011 “Het ek nie vir julle gesê om dit nie te doen nie?” sê Ruben. “Maar julle wou mos nie luister nie. Nou gaan ons almal sterf omdat ons hom vermoor het.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop antwoord Ruben hulle: Het ek nie vir julle gesê nie: Besondig julle nie aan die seun nie? Maar julle het nie geluister nie. Kyk, so word dan ook sy bloed geëis.
Afrikaans 1983 Toe sê Ruben vir hulle: “Ek het julle mos gesê julle moet julle nie aan die kind vergryp nie. Maar julle wou nie luister nie, en daarom word sy dood nou op ons gewreek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ruben het gereageer en vir hulle gesê: “Het ek nie vir julle gesê, ‘Moenie 'n misstap teen die kind begaan nie’? Maar julle het nie geluister nie. Ook sy bloed, kyk, dit word nou geëis!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ruben het vir hulle gesê: “Ek het vir julle gesê julle moet dit nie met die kind doen nie, maar julle het nie geluister nie. Dit is ons skuld dat hy dood is, daarom straf God ons nou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ruben het toe gesê: “Ek het julle gewaarsku om nie die seun seer te maak nie, maar julle wou nie hoor nie. Nou het die uur van rekenskap gekom.”