Genesis 42:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar bring jou jongste broer na my toe; so sal julle woorde bekragtig word, en julle sal nie sterwe nie. En hulle het so gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar julle moet julle jongste broer volgende keer saambring. So sal ek weet of julle die waarheid praat. As julle dit doen, sal ek julle lewens spaar.” Hulle het dié reëling aanvaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | en bring julle jongste broer na my toe -- dan sal julle woorde waar gemaak word, en julle sal nie sterwe nie. En hulle het so gedoen. |
| Afrikaans 1983 | Dan moet julle julle jongste broer na my toe bring. Dan sal ek julle glo, en julle sal nie sterf nie.” Hulle het ingestem |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet julle jongste broer na my toe bring, sodat julle woorde as betroubaar bewys word en julle nie sterf nie.” Hulle het toe so gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet daarna julle jongste broer na my toe bring. Dan sal ek julle glo, en dan sal julle nie sterf nie.” Die broers het dit toe gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet net met die jongste broer terugkom. Ek sal dan weet julle praat die waarheid en julle sal bly leef.” Almal het saamgestem. |