Genesis 42:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As julle ware manne is, laat een van julle broers gevange wees in die huis van julle gevangenis; gaan, dra koring vir die hongersnood van julle huise.
Afrikaans (NLV) 2011 As julle werklik eerlike mense is, sal een van julle in die tronk agterbly. Die ander kan egter huis toe gaan met die kos vir julle gesinne.
Afrikaans 1933/1953 As julle eerlike mense is, laat een van julle broers gevange bly in die huis waar julle in bewaring is; maar gaan julle, bring die koring vir die honger van julle huisgesinne weg,
Afrikaans 1983 as julle eerlike mense is, moet een van julle in die tronk agterbly. Julle ander moet dan graan wegbring vir julle honger huismense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As julle eerlik is, laat een van julle broers gevange bly in die plek waar julle bewaak word. Maar julle, gaan bring graan weg vir die honger mense by julle huise.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle eerlike mense is, dan moet een van julle broers hier in die tronk bly. Julle ander kan dan gaan en vir julle honger mense by die huis koring bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle werklik eerlik en opreg is, laat een van julle hier bly. Ek sal hom as gyselaar in die tronk hou. Al julle ander kan dan huis toe gaan en kos vir julle honger gesinne gaan gee.