Genesis 42:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Josef vir hulle op die derde dag: Doen dit en leef; want ek vrees God:
Afrikaans (NLV) 2011 Op die derde dag sê Josef vir hulle: “Ek dien God. As julle maak soos ek sê, sal julle lewe.
Afrikaans 1933/1953 En op die derde dag sê Josef vir hulle: Doen dit, dan sal julle lewe; ek vrees God!
Afrikaans 1983 en op die derde dag sê hy toe vir hulle: “Ek dien God! Op hierdie voorwaarde kan julle bly lewe:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die derde dag het Josef vir hulle gesê: “As julle dit doen, sal julle leef. Vir God het ek ook ontsag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op die derde dag het Josef vir hulle gesê: “Ek dien God. As julle doen wat ek sê, dan sal ek julle nie doodmaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die derde dag het Josef sy broers laat haal en vir hulle gesê: “Doen wat ek vir julle sê en dan sal julle lewe. Dit beloof ek julle, want ek glo in God.