Genesis 42:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Stuur een van julle en laat hom julle broer haal, en julle sal in die gevangenis gehou word, sodat julle woorde getoets kan word of daar enige waarheid in julle is;
Afrikaans (NLV) 2011 Een van julle moet julle broer gaan haal. Ek sal die ander hier in die tronk aanhou. Dan sal ek kan vasstel of julle storie waar is of nie. As dit blyk dat julle nie ’n jonger broer het nie, sal ek weet julle is spioene.”
Afrikaans 1933/1953 Stuur een van julle, dat hy julle broer gaan haal, maar julle moet in die gevangenis bly. So sal dan julle woorde getoets word, of die waarheid by julle is of nie. So waar as Farao leef, julle is spioene!
Afrikaans 1983 Stuur een van julle om hom te gaan haal. Julle ander sal gevange gehou word. So sal ek vasstel of julle die waarheid praat of nie. So seker as die farao leef: Julle is spioene.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Stuur een van julle, sodat hy julle broer gaan haal. Maar julle bly in aanhouding, sodat julle woorde getoets kan word of julle by die waarheid hou. En indien nie – so waar as die farao leef – dan is julle spioene.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van julle moet julle broer gaan haal, maar julle ander moet hier in die tronk bly. So sal ek uitvind of julle die waarheid praat of nie. Julle is spioene, so seker soos die farao lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van julle moet julle broer gaan haal. En die ander bly net hier in huisarres. So sal ek uitvind of julle die waarheid praat en of julle net spioene is.”