Genesis 42:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hiermee sal julle getoets word: Met die lewe van Farao mag julle nie hiervandaan weggaan as julle jongste broer nie hierheen kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk, ek sal julle storie toets. So waar as Farao leef, julle sal Egipte nie verlaat voordat julle jongste broer hierheen gekom het nie.
Afrikaans 1933/1953 Hieraan sal julle getoets word: so waar as Farao leef, julle sal hiervandaan nie trek tensy dat julle jongste broer hierheen kom nie.
Afrikaans 1983 Hieraan sal ek julle toets: So seker as die farao leef, julle sal nie hier weggaan voordat julle jongste broer hierheen gebring is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdeur sal julle getoets word: So waar as die farao leef, julle sal nie hiervandaan vertrek tensy julle jongste broer hierheen kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle toets: Julle sal nie hier weggaan voordat julle jongste broer ook hiernatoe gekom het nie, so seker soos die farao lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal julle egter ’n kans gee om julle onskuld te bewys. Gaan haal julle jongste broer en bring hom hierheen. Eers as hy hier is, sal ek julle glo. Gebeur dit nie, sweer ek by die farao dat ek julle in die tronk sal stop.