Genesis 42:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het gesê: U dienaars is twaalf broers, seuns van een man in die land Kanaän; en kyk, die jongste is vandag by ons vader, en een nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Meneer,” sê hulle, “ons was twaalf broers, seuns van een pa wat in die land Kanaän woon. Ons jongste broer is daar by ons pa, maar een van ons broers leef nie meer nie.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle antwoord: U dienaars is twaalf in getal, ons is broers, seuns van een man in die land Kanaän; en kyk, die jongste is nou by ons vader, maar die een is daar nie meer nie.
Afrikaans 1983 Hulle het geantwoord: “Ons was twaalf broers. Ons het dieselfde pa, 'n man in Kanaän. Die jongste is nou nog by hom, en die een leef nie meer nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het geantwoord: “U dienaars was twaalf; ons is broers, die seuns van een man in die land Kanaän. Maar kyk, die jongste is vandag by ons vader; en een is nie meer daar nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gesê: “Ons was twaalf broers, ons is die seuns van een man in Kanaän. Die jongste seun is nog by ons pa, en een seun is dood.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het weer probeer: “Meneer, kyk na ons. Ons is tog nie spioene nie. Ons is broers. Ons was eers twaalf en almal van dieselfde pa. Hy bly nou nog daar anderkant in Kanaän. Die jongste broer het agtergebly, want hy moes ons pa oppas. En die ander seun, nouja Meneer, ons weet nie meer waar hy is nie.”