Genesis 42:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Jakob sien dat daar koring in Egipte is, sê Jakob vir sy seuns: Waarom kyk julle na mekaar? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het gehoor dat daar in Egipte graan te koop was. Hy sê toe vir sy seuns: “Hoekom staan en kyk julle vir mekaar? |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Jakob merk dat daar koring in Egipte was, het Jakob aan sy seuns gesê: Wat kyk julle so na mekaar? |
| Afrikaans 1983 | Toe Jakob verneem dat daar graan in Egipte is, sê hy vir sy seuns: “Waarom sit julle vir mekaar en kyk?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het agtergekom dat daar graan in Egipte was. Jakob sê toe vir sy seuns: “Waarom kyk julle net na mekaar?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het gehoor daar is koring in Egipte, en hy het vir sy seuns gesê: “Hoekom kyk julle vir mekaar? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het gehoor daar is nog kos in Egipte en hy het vir sy seuns gesê: “Vir wat sit julle net daar en niks doen? |